Demografie van Eswatini

Mense van Eswatini, 2021; bevolking word in duisende aangedui.
Swazidansers lewer 'n vertoning in 'n kulturele dorpie

Eswatini (voorheen Swaziland) word oorwegend deur etniese Swazi's bewoon. Die bevolking bestaan ook uit 'n klein groepie Zoeloes en wit Afrikane, hoofsaaklik van Britse en Afrikaner-oorsprong. Eswatini is ook die tuiste van Portugese setlaars en swart vlugtelinge uit Mosambiek.

Tradisioneel is die Swazi's bestaansboere en herders, maar meeste van hulle werk nou in die regering asook in die formele groeiende stedelike ekonomie. Baie Swazi's werk ook in die myne in Suid-Afrika.

Die land se amptelike tale is Swazi ('n taal verwant aan Zoeloe) en Engels. Die regering en kommersiële besighede gebruik hoofsaaklik Engels. Asiërs, Afrikaners, Portugese, en swart Mosambiekers gebruik hulle eie tale.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy